Oorkruipers

Dermaptera
Tydperk: 208–0 m. jaar gelede
Laat-Trias tot onlangs
Forficula auricularia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Dermaptera

De Geer, 1773
Subordes
Sinonieme
  • Euplecoptera
  • Euplexoptera
  • Forficulida

Oorkruipers is 'n groep insekte wat voorkom in die orde Dermaptera. In Engels staan hulle bekend as die Earwigs. Daar is 38 spesies in die familie. Oorkruipers (orde Dermaptera) is insekte wat verwant is aan sprinkane en krieke (orde Orthoptera), maar wat op grond van die kenmerkende "tang" aan die agterlyf as 'n duidelike groep onderskei kan word. Hulle is hoofsaaklik snags aktief en skuil bedags onder klippe of plante.

Die voorste paar vlerke is in die vorm van 2 leeragtige dekskilde, waaronder die agterste paar groot, vliesagtige vlerke opgevou lê. Ongeveer 1 000 oorkruiperspesies is tot dusver aan die wetenskap bekend, en die orde kan in 3 subordes onderverdeel word.

Die naam "oorkruipers" vir die insekte van die orde Dermaptera is misleidend: Die mite dat hierdie insekte in die gehoorgang inkruip en die trommelvlies beskadig, is heeltemal ongegrond, maar wydverspreid. Oorkruipers is onskadelike insekte wat die grootste deel van die dag aktief onder stene, bas of plante deurbring. Die kenmerkendste eienskap van oorkruipers is die skêrvormige "tang" aan die agterlyf.

Hierdie orgaan het ontstaan uit pootagtige aanhangsels aan die agterlyf wat as cerci bekend staan. Die oorsprong van die knypers is nog duidelik by die primitiewe tropiese oorkruipers van die familie Diplatyidae te sien. Die larwes van die familie het tot by hul laaste vervelling lang, gelede cerci. en eers met die laaste vervelling verander dit in knypers. Die knypers van volwasse oorkruipermannetjies is lank en gebuig, en sit naby mekaar.

Die wyfies het kort, feitlik reguit knypers wat by die basis aan mekaar raak. Knypers word nie net vir die vang van insekte en ander klein diere gebruik nie, maar ook as verdedigingsmeganisme. By vlieënde spesies word die knypers as hulpmiddel by die opvou van die groot vliesvormige vlerke gebruik. Oorkruipers kan nie paar as een van die knypers ontbreek nie, en daaruit kan afgelei word dat die orgaan ook by paring noodsaaklik is.

Nie alle oorkruipers het vlerke nie. By die spesies waar dit wel aanwesig is, word die vlerke waaiervormig opgevou en dan nog 'n keer onder die dekskilde dubbel gevou, sodat slegs die voorste rand van die vlerke nog uitsteek. Die vlerke word selde gebruik. Een spesie wat hul vlerke wel dikwels gebruik, is die klein oorkruiper (Labia minor), wat gewoonlik deur lig aangetrek word.

Sommige spesies het op die rugkant van die tweede en derde agterlyfsegmente kliere wat 'n geelbruin, onwelriekende vloeistof afskei. Hierdie vloeistof kan in sommige gevalle tot 10 cm ver in die rigting van 'n aanvaller gespuit word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search